We are proud to share our Reviews from our guests with you.  Here are some of the reviews we received on various social media platforms  

Wow wat n lekker rustige kampplek. Klein genoeg dat jy nie vertrap word nie. Veilig genoeg dat jou kids rustig kan rond hardloop terwyl jy verlore slaap inhaal. Eienaars is daagliks betrokke en sorg dat jy optimaal ontspan en wat jou onmiddellik tuis laat voel! Die bar/ kuierplekkie is heerlik waar jy lekker kan afkoel saam kuier en nuwe vriendskappe maak!! Netjiese ablusie geriewe en baie netjiese kampeerarea Beveel dit beslis aan vir ten minste 1 keer n maand!  

~ Antoinette Kok Oosthuizen, Pretoria 


Ons was die gelukkiges om die heel eerste besoekers te wees. Watter wonderlike ervaring om die plek te kon besoek met die heel eerste kamp naweek. Grand opening Ons was die heel naweek op ons hande gedra. Van rondry in die veld, speeletjies speel ,swem,lekker kuier by die kroeg en vermaak deur twee pragtige dogters van Frank en Alicia. Niks vir hulle is te veel nie. Enige voorstelle en aan bevelings word verorber. Julle gesin gaan met passie in vir dit wat julle doen. Sien julle een van die dae weer.  Rust Oord is werklik n wegbreek naweek werd want hier kry jy nog mense wat omgee. Geluk aan julle en hou so aan.

 ~ Otto Raap, Pretoria 


Hierdie plekkie is beslis n wenresep vir enige iemand wat di natuur geniet. Heerlik en rustig.  Staanplekke is lekkr groot kan gemaklik jou karavaan intrek... Heerlik gekuier. Natuur is pragtig en wildsbokkies wat jou verras as jy dit die minste verwag. Aande met skemer so mooi met veraf geroep van jakalse en leeus wat brul. Pragtige skoon rusoord in die ware sin van di woord. Bederf jouself met n wegbreek waar die stilte en di natuur jo hartsnare raak  Moet dit nie mis nie... 

~ Valerie Lombard, Meyerton 

Ons het baie lekker gekamp by Rust Oord in die hartjie van die Bosveld.  Lekker skoon geriewe en baie rustig.  Dankie Frank en Alicia.  Julle sien ons verseker weer.

 ~ Antonie Janse van Rensburg, Pretoria 


Wow.... What a wonderful place. Peaceful, relaxing and you are surrounded by bush and the roar of the lions at night. Their facility is clean and top notch... Your hospitality is amazing. We enjoyed our weekend with you Rust Oord. Thank you Alicia for you and your family.  


~  Natashia Claassen, Kempton Park 


Heerlike gekuier by Rustoord in Brits die naweek. Was baie rustig en net die diere se geluide om jou sielsrus te herstel. N definitiewe skat weggesteek in die bos.  

~ Amelia Young, Johannesburg 


Mooiste natuur wegbreek. Hierdie Rust Oord bring die kalmte in my soos ek dit soek. Die ablusie geriewe is netjies ten alle tye net so is die hele oord. Frank en Alicia julle mag maar onthaal. Julle is top gashere met soveel vriendelikeheid, omgee en liefde het julle hierdie Rust Oord aangepak en julle passie vir ons as kampeerders en julle plekkie sal mense nog toue staan en wag vir 'n spasie by julle. Ek beveel julle aan vir enige iemand wat lekker wil wegbreek in julle mooie bosveld oord.  

~ Marina Marx, Brits 


'n Diamant in die hart van die bosveld. Kampeer plek is groot, netjiese mooi ablusie blokke, kids wat die parkie lekker geniet so by die swembad en die lekkerste kuier plek in die bar wat ek al ooit in gekuier het. Die eienaars het baie ingesit in 'n kort tyd en weet dat die oord 'n reuse sukses voorentoe gaan wees. As ek 'n Miljoen sterre kon gee vir die plek het ek met geen twyfel nie  

~ Ben Senekal, Kaapstad 


Best place to go. Just relax take a load off chill time . Wonderful owner's. 

~ Shannon M. Brummer Joubert, Kempton Park 


Stunning place Alicia and Frank has done an excellent job building this place , visit them at least 5 times a year. Well done you 2 and the rest of your team 

~ Jacques Samuels, Kempton Park 


Lieflike plek!! Netjies en skoon en die mense is fantasties. Onvergeetlike wegbreek en bevange kuier plek. Dankie Alicia en Frank 


~ Brenda Erasmus, Boksburg 


 An awsome Bushveld break away with friendly people, who go to extremes to ensure a safe and enjoyable stay... 


 ~ Hans Myburgh, Benoni 


Excellent Place for camping! People are very friendly and accomidating. Beautifull bushveld and some deer and warthogs as well. Very peacefull and quite would recommend this place to everyone. 

~ Louis Goosen, Pretoria


Awesome people and best place to be 

~ Madi Rudolph, Kempton Park


DANKIE VIR DIE BESTE MANIER OM 2018 IN TE STAP. *Rust oord* is die plek om te wees in 2018. Beste mense beste memories beste manier om te ontspan met n "twist" .... always a adventure 


~ Sumare Strydom, Kempton Park


Ons het heerlik gekuier en was absoluut bederf en op die hande gedra met ons aankoms daar.  Ons kan regtig die oord en Alicia en Frank aanbeveel.  Wat n ervaring om die bosveld TV te geniet en die GEBRUL van die Leeus in die agtergrond, pure hoendervleis ervaring.


 ~ Carel Grobler, Pretoria 


Ons het 'n juweel van 'n wegbreek plek ontdek, naamlik Rust Oord Bosveld Kamp net buite Brits. Wat 'n wonderlike kamp ervaring. Daar is al die nodige moderne fasiliteite beskikbaar, maar die gevoel is dat jy alleen sit in die middel van die bosveld. Dankie vir die eienaar en sy personeel vir 'n wonderlike paar dae van net rus!! Sien julle weer een van die dae!!! 


~ Christa Prinsloo, Centurion 


Dit was nou een van die lekkerste plekke wat ek nog met die kinders en vriende gekamp het. Dankie vir die super silwerskoon badkamers en staanplekke. Rustig met die mooiste natuur. Die kinders het so heerlik gespeel en gekuier. Vriendeliker eienaars van 'n oord gaan mens nie sommer kry nie 


~ Jorina Morkel, Pretoria  


Lekker gekamp en gerus.... Rust oord is baie lekker met vriendelike eienaars...... 


~ Martin Botma, Kempton Park 


Wat n lekker kampplek soos my swaer sal se diep diep diep in die bos. Sal dit aanbeveel vir almal wat wil weg kom van die stad se gejaag.. Die eienaars en personeel was baie vriendelik. Badkamers was silwer skoon. Sal verseker weer gaan en verseker aanbeveel. 


~ Yvonne Stapelberg, Kempton Park


 Ons ht so lekke gekamp by Rust Oord. Amblusie silwerskoon en Eienaars is so gas vry ons sal definitief weer soontoe gaan. 


~ Renette & Thys Labuschagne, Kuruman  


Wat n amazing plek. Amazing weg breek plek in die bos.

 

~ Carel J Raath, Johannesburg  


Julle kan verseker gaan kamp by Rust Oord buite Brits... Staanplekke is gesellig met silver skoon ablusie blokke.. Lekker swembad en Gesellige kroeg...Heerlik!!!!......Weereens dankie vir alles Frank en Alicia!!....Met julle 2 raakvatters gaan julle oord nog een van die bestes in Noord Wes word...Sien al klaar uit na my volgende kuier.... 


~ Adriaan vd Bergh, Bloemfontein   


Lekker gekamp by Rust Oord net buite Brits. Lieflik in die hartjie van die bosveld met al die nodige geriewe wat ek as 1ste kamper nodig gehad het.  Het dit vreeslik geniet met baie lag en lekker kuiers en splinternuwe skoon geriewe. Veilig en rustig, met al die elemente wat die natuur jou bied, en dan is dit nog goedkoop met n baie bekostigbare bos kroegie ook. Kan waarlik die plekkie aanbeveel, vir oud en jonk wat net wil wegbreuk van die normale stadslewe met die rustigheid van die bos en eukhoringtjies en verskeidenheid voëls met die aller vreemdste geluide wat ek nog gehoor het. 10 uit 10 Alicia en Frank vir wat julle al vermag het tot dusver by Rust Oord. Sal julle beslis weer besoek.  


~ Morné Mulder, Kroonstad


Wat 'n absolute wonderlike naweek, daar as vreemdelinge opgedaag en gister ons goeie nuwe vriende moes koebaai se Die oord se fasiliteite is uit die boonste rakke en is deur dierbare ordentelike mense bestuur, niks is te veel moeite nie, en die gasvryheid en vriendelikheid is iets om te beleef, baie baie dankie aan Frank, Alicia en Salome vir julle vriendelikheid en lekker kuier Ons sal beslis weer by Rust Oord kuier, sien hopelik in Junie of Julie, maar defnitief 9 Augustus, kanni wag nie Tot dan, sterkte en Seening van bo 


~ Jack & Sharon Visser, Krugersdorp 


Wow ... wat n lieflike lekker rustige kampplek!! Netjies, skoon, veilig en die mense is fantasties. Die pub/boma is heerlike kuier plekke waar jy lekker saam kuier en nuwe vriendskappe maak!! Beveel dit beslis aan. Baie dki Frank en Alicia. 


~ Jumaine Engelbrecht, Kempton Park 


Here you get personal attention from the owners who are amazing people's people. New resort that is not the typical mainstream resort. All the facilities are brand new and restrooms are just wow. Resort is aimed at getting couples and families close to nature with lots if birdlife and in the early mornings you hear lions roar. A small well stocked bar, pool, trampoline, jungle gym and see-saw provides entertainment for kids and adults alike. 


~ Rico Bester, Kempton Park


Baie lekker en verbaas oor veral die volgende -  Pragtige rustige oord; Wonderlike geriewe; Lieflike mense; Baie billik veral vir senior kampeerders; Mens moet verseker nie net 1 nag oorbly nie; Hierdie eienaars maak baie seker dat almal gelukkig en tevrede bly. Vir ons het hulle selfs ons fietse reggemaak; Baie veilig. Gaan kuier vir hierdie juweel van n plekkie in die bosveld. 


~ DonnaMarie Oost, Somerset Wes, Wes Kaap 


Ons het hier kom staan vir n maand en as gevolg van die gevoel in die kamp bly ons nou drie maande. Ons karavaan kamp al vir BAIE jare en hierdie is een van die lekerste kampe wat ons nog by was. Elke staanplek is privaat in die bos met eie waterpunt kragpunt en lig. Ablusie blokke is silverskoon en nuut. Leeus brul elke oggend en aand en dan hoor mens ook hieena en jakals tussendeur. Eienaars gaan uit hulle pad om te help. Die bosveld gevoel stilte en rustigheid maak hierdie plek baie spesiaal. 


~ Frank Sleigh, Bloemfontein 


We went camping end April public holiday. All I can say is WOW ? and wow. The atmosphere was unbelievable hearing the lions roaring so close by send shivers down your spine the quietness going into your soul. My son and his family got lost driving there and Alicia went out of her to meet them to show him the way, she and her husband are really the best hosts I have ever come across nothing is to much for them and they have a passion to ensure their guests are happy and have a vision on how to keep the camping experience unforgettable. The camping sites are beautifully kept and neat and tidy. The ablutions are always clean. This will become our frequent breakaway from home. See soon Alicia and Frank 


~ Heather Bezuidenhout, Pretoria 


So glad we discovered this little gem! Close to Joburg, clean and maintained facilities, play area for the kids, heated pool, a bar and the tranquility of the Bush. Perfect for a quick getaway. Owners are chilled and accommodating. A really lovely place to relax.


 ~ Lauren van Zyl, Johannesburg 


Awesome place, friendly staff. Can’t wait to go back 


~ Izak Joubert, Pretoria


The welcome was the most positive experience, help was offered by everyone we encountered.!! The jovial energy of the owners and assistants contributes to a most enjojyable visit 


~ Molleen Neale


We loved everything about this campsite. The hospitality is amazing, the ablutions are beautiful and always clean. We fell in love with this place and have already booked our next stay.


 ~ Lundi Cronje, Kempton Park


Rust Oord doen gestand aan sy naam. rustig en mens kan jou batterye herlaai vir die week wat voorlê. julle sien ons beslis weer gou. Dankie Frank en Alicia 


~ Lin Grotsius, Pretoria


Die naam se dit sommer. Jy rus en luister na die stilte. Kamp staan plekke is lieflik groot en het ordentlike braais, en as jy beligting soek by jou braai het hulle dit beslis wat jy kan afsit as jy na die sterre wil sit en kyk terwyl jy na die gebrul van leeus hoor en hyienas hoor op ‘n ander plaas net agter Rust Oord. Die badkamers is baie skoon en netjies. Daar is ordentlike opwas plek vir jou skottelgoed. Buite warm water swembad wat heerlik is. Lekker kroeg as jy ‘n koue een wil kry. Hulle is besig om winkel te bou wat lekker sal wees. Hulle is diere vriendelik. Baie gasvry. Jy voel sommer welkom. 


~ Amanda Roets, Benoni